


-----Original Message-----
From: van Jaarsveld, Annemarie
Sent: 03 November 2005 02:29 PM
To: smilecare@lantic.net
Subject: ALMAL BY SMILECARE...
GOEIEDAG AAN DR, KEARNEY EN DIE SMILECARE - SPAN,
WIL NET VIR JULLE LAAT WEET DAT EK NOGSTEEDS, NA AMPER 'N JAAR, MET ONGELOOF MY GLIMLAG BEKYK EN MYSELF MOET VERSEKER DAT DIT WERKLIK WAAR IS.
EK IS SO GELUKKIG EN ONDERVIND HOEGENAAMD NIE ENIGE PROBLEEM MET MY TANDE NIE. ELKE KEER AS EK LAG, IS JULLE IN MY GEDAGTES.
GROETE AAN JULLE EN EK SAL INLOER SODRA EK IN DAARDIE GEWESTE IS.
ANNMRI VAN JAARSVELD‘N DANKBARE TERUGBLIK
As kind het ek baie mooi, wit, sterk tande gehad. Daar was gereeld tandarts besoeke, tandesorg ens.
Ongeveer 6 jaar gelede het ek geskok gekyk na ‘n mooi familie foto van ons gesin. My hele “smile” was dan ‘n ry vol geel tande! Ek het alles op die mark probeer om dit te verbeter, maar geel was hulle geel! My selfvertroue het ‘n groot knak gekry en aangesien ek met baie mense werk en koor afrig, het ek maar half binnemonds gepraat en gelag. Later het ek gemerk dat die emalje van my voorstand bo vanaf die tandvleis, plek-plek begin af kom. Dis herstel, maar was nog geel!
Uiteindelik is ek verwys na “Smile Care Dental Centre”, waar Dr. Willem Kearney my lewensredder was. Skaam het ek na die “before” foto gestaar, maar my verleentheid was vir hulle ‘n geleentheid! Na ‘n operasie om my tandvleise te herstel, het bleiking, afdrukke, ‘n tydelike gebit bo en uiteindelik die wonderlike eindresultaat gevolg. Een vir een is die tande op hul plek uitgedruk en siedaar! Glimlag kan ek weer! Die “after” foto was weer ek, met wit tande (aangepas by die natuurlike kleur en al)!
Die vermoede bestaan dat kroniese medikasie dalk deel en oorsaak van die probleem kon wees.
Baie dankie Dr. Willem Kearney en jou span, wat my gekneusde selfvertroue weer ’n hupstoot gegee het. Almal was baie professioneel en baie gemoedelik dwarsdeur my behandeling.
Daarom sal ek enige persoon wat ‘n dergelike probleem of ander het, aanbeveel om dadelik kontak te maak met die “Smile Care Dental Centre” span, want hulle kán!!
Tevrede Smiler,
Fransie Louw
20/10/09
Dr Willem
Baie dankie vir jou vriendelike diens. Ek waardeer die uitstaande werk wat jy vir my gedoen het opreg. Dankie vir alles wat jy gedoen het om my te help.
Groete Erna
Previous page: Fee Structure
Next page: Theatre Information
